WELKOM BY 

Tienie Jonker Toere

Vir kwaliteit, bekostigbare toere

Wie is ons?

Tienie Jonker Toere is sedert 1996 betrokke by die reël van oorsese toere na Europa. Die besigheid staan onder leiding van Dr. Tienie Jonker, Mnr Louis Gerber & Mev Elza Gerber. Volledige toerbeplanning wat alles insluit, word gedoen teen billike tariewe. Ons hanteer alles vir u: vliegkaartjies, hotelverblyf, busvervoer en reisversekering .  Ons toerleiers vergesel u persoonlik!


Tienie Jonker Toere is a South African company organizing European tours since 1996. We do complete tour planning that includes virtually everything at reasonable prices. We organize everything for you: flight tickets, hotel accommodation, coach transport and travel insurance. We accompany you personally.



Voorlopig 2025

Britse Eilande Toer

'n Asemrowende toer wat ALLES behels. 


Besoek die eeue oue Windsor Castle. Geniet 'n aand in die stad London. Aanskou die geheimsinnige Stonehenge of geniet 'n yskoue bier in een van Dublin se egte Ierse kroeë

Toer 1:  26 Apr - 10 Mei 2025|Toer 2:  2 - 16 Mei 2025

Europese Blommetoer


Die toer is so gewild dat ons twee moet doen. Die skoonheid van dorpies soos Keukenhof, Triberg en Luzern sal u nooit teleurstel nie. Ons sien ook die asemrowende Venesië per trein. Dié een moet mens nie misloop nie.

25 Mei - 8 Junie 2025

Oos-Europa en Kroasië


Geskiedenis, klassieke musiek, sprokiesverhaal waters en natuurskoon kan mens alles in die toer kry. Dit is ook van ons gewildste toere. Op die toer besoek ons wêreldbekende pragstede soos Praag, Wene, Budapest en Ljubljana.

Toer 1:  25 Junie - 7 Julie 2024

Toer 2:  2 - 14 Julie 2024

Julietoer met André Rieu


Ons gewilde Julie bustoer wat oor die skoolvakansie val. Ideaal ook vir ‘n eerste besoeker aan Europa.

5 - 20 Oktober 2024


Spanje en Portugal



2 - 16 September 2024

Mediterreense Bustoer

Dit is dié toer wat u nie wil misloop nie!!


Ons besoek plekke soos Barcelona, Montserrat, Avignon en vele meer.

19 September - 1 Oktober 2024 skoolvakansie

VivA Taal-en-tegnologietoer



Hierdie is ‘n unieke toer vir skoliere en studente.

Desember 2023

Kers-en Skitoer 

11 - 23 Desember 2023


Hierdie is ‘n unieke toer op aanvraag van talle van ons hooggewaardeerde oudtoerlede wat graag saam met ons ‘n Europese Kersfees wil meemaak.

IN SAMEWERKING MET ANDRE TOERE

September 2024

Turkye Toer

Toer deur Istanbul in September skoolvakansie

IN SAMEWERKING MET ANDRE TOERE

Skandinawië Toer

Mei 2024


Toer deur Skandinawië, Duitsland, Pole, Slovakia en Oostenryk.

Blommetoer 2022 Terugvoer

Wena Diedericks Skryf:

"Ek wil net solank aan al die betrokkenes van Tienie Jonker Toere van harte bedank vir die mees afgeronde beplanning en kommunikasie via eposse met ons wat eerskomemde Vrydag op die Europese Blommetoer gaan. Al die admin is afgehandel en nou nog net MIN inpak!!

Ons ken julle almal nie by die naam nie, maar wil julle hartlik bedank vir jul admin werk wat ons heeltyd so kommervry en gerus hou. Ek kan julle tot dusver toe oë aanbeveel!!"

Blommetoer 2022 Terugvoer

Corrie van Niekerk Skryf:

"Van Herman & Corrie ook baie dankie aan al die toermaats vir die lekker kuier en spesiale dankie aan Louis en Tienie Jonker Toere vir ‘n puik georganiseerde toer. Hoop om beslis in die toekoms weer saam te toer."

WIL U IETS WEET?

U kan ons gerus direk skakel op 087 170 0714

of stuur ons 'n e-pos na tjtoere@jenny.co.za.


U kan ook hieronder u e-pos adres en telefoonnommer insit en ons skakel u dan terug.

E-pos* Required field!
Telefoonnommer Required field!

Volg ons op Facebook

Powered by

Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out